12 Honde al dood van Hondekos

Home » 12 Honde al dood van Hondekos

12 Honde is reeds dood nadat hulle besmette droë hondekos geëet het. Een eienaar het vier honde binne twee dae verloor. Dit blyk ’n mikotoksien, veroorsaak deur ’n fungus wat tot lewerversaking lei, kom in kos van drie minder bekende handelsmerke voor. Dit lei tot aflatoksikose, en dit kan lei tot lewerprobleme, kanker en ’n pynlike dood.

Die siek honde is met geelsug-simptome en bloeding opgeneem by die akademiese hospitaal in Onderstepoort. Die hond sal lusteloos voel, depressief, naar en nie eet nie. Sy tandvleis sal geel wees. Dié kosse is vir toetse gestuur en uiters hoë konsentrasies van aflatoksiene is bespeur.

Volgens veeartse wat nie geïdentifiseer wil word nie, kom die toksiene na bewering in Hi-Pro, Buddies en Legends hondepille voor. Dié vervaardigers is oor die probleem ingelig en gevra om die produkte van die mark te verwyder.

Die meeste gevalle kom in Pretoria, veral die noordelike voorstede, en Johannesburg voor.

As jou hond siek word, gaan dadelik veearts toe en vat sy kos saam sodat dit getoets kan word.

www.beeld.com
2011-04-24