Laerskool Magalieskruin is ‘n omgeeskool wat streef daarna dat elke leerling sy volle potensiaal bereik, en waar ouers, leerlinge en personeel saamwerk om dit te bereik. Die skool strewe daarna om ‘n veilige hawe te skep vir sy leerlinge, waar hulle hul kan toespits op skoolaktiwiteite.
Laerskool Magalieskruin bied ‘n Opedag aan op 4 Augustus 2011, om 18h00 in die skoolsaal, en almal is welkom wat belangstel in ‘n uitnemende skool met Christelike waardes en ‘n positiewe leeromgewing.
Laerskool Magalieskruin bied:
- Stimulerende leeromgewing.
- Christelike waardes.
- Effektiewe beheer en bestuur.
- Akkurate evaluering en monitering.
- Strewe na uitnemendheid op alle terreine.
Kontak Inligting:
Tel: 012 548 1240
Adres:
H/v Veronica & Stephanweg
Magalieskruin
Pretoria
Suid Afrika

