Linda Peach en Kobie Breytenbach Fisioterapeute

Home » Linda Peach en Kobie Breytenbach Fisioterapeute

Linda Peach & Kobie Breytenbach Fisioterapeute is ‘n bekende naam in Pretoria Noord, waar ‘n groepie vriendelike fisioterapeute al vir meer as vyftien jaar hul professie beoefen. Die praktyk behandel verskeie toestande en beserings, wat hoofpyn, rugpyn, nekpyn, sinusitis, longkwale, en verskeie sportbeserings insluit. Die praktyk het ook ‘n verhitte onderdak swembad vir spierversterkings en gewiglose oefeninge.

Fisioterapie Behandelings:

  • Hoof- Nek- en Rugpyn
  • Sinusitis en Longbehandelings
  • Rehabilitasie en ‘strapping’ van Sportbeserings
  • Akupunktuur en Droe Naaldterapie
  • Behandeling van heup- en knievervangings
  • Skouer- Knie- en Rugoperasies
  • Verhitte Onderdak Swembad vir spierversterking, oefeninge vir artritis, sportbeserings, en so meer.

Kontak Inligting vir Linda Peach & Kobie Breytenbach Fisioterapeute:

Tel: 012 564 4514 / 3181

Fax: 012 546 1424

Adres:
Linda Peach & Kobie Breytenbach Fisioterapeute
Eeufeesstraat 256
Pretoria Noord
Gauteng