Musaiek

Home » Musaiek

Musaiek is ‘n familie kuierplek en net ‘n klipgooi van Wonderboomlughawe af, in die Noorde van Pretoria.

Musaiek Koffiehuis Musaiek Kinders Musaiek Kinders Musaiek Acrobranch
Koffiewinkel

Kom eet ontbyt by ons koffiewinkel terwyl die kinders hul gate uit geniet. Ons chef Gilbert se omelette is iets om oor huistoe te skryf en so ook die T-been met slaai en skyfies. Of probeer die plaasontbyte, skons, geroosterde broodjies of quiches en die heerlike melkskommels is  altyd ‘n wenner. Ons Koffiewinkel is ook beskikbaar vir kombuisteë, verjaarsdae of sommer net ‘n lekker bymekaarkomplek vir vriende.

Acrobranch
Acrobranch se Geel baan is vir kinders vanaf 3-jaar oud en is ideaal vir kinderpartytjies of net sommer vir die kleingoed om die natuur te leer ken en hulself te geniet. Die baan is veilig en die kindertjies is konstant onder toesig van ‘n opgeleide gids wat seker maak hulle is nie bang nie. Ouers kan dus gerus wees dat die kleingoed nooit alleen gelaat word nie. Die baan sluit ook ‘n kort ‘zipline’ in en is pure gesonde pret en plesier. Skakel 060 7055  363 vir besprekings of Musaiek op 082 735 4568 om te hoor wat ons nog vir die kleinspan aanbied. Die prys is R80 per kind.

Kontakbesonderhede vir Musaiek:

Ons is oop van WOENSDAG tot SONDAG van 08:00 tot ná 16:00.

Epos:
infomusaiek@gmail.com

Tel:
082 735 4568

Webwerf:
Welkom

Jy kan op die R101 klim van Zambezi Rylaan en draai regs in die rigting van Bela Bela/Hammanskraal. Ry verby die Bon Accord Dam afrit (links) en net na die volgende treinbrug, draai jy links. Ons het a bord daar wat sê Musaiek/Acrobranch. Gaan oor die spoor en volg die pad tot by die t-aan sluiting. Weer sal jy ons borde sien. Dit is Honingsnestkrans pad. Draai regs en jy sal so 1.5km verder ons ingang sien op die linkerkant. Nommer 18.

Musaiek-Map

Facebook bladsy

[custom-facebook-feed id=musaiek]