Rietvlei Koffie Winkel

Home » Rietvlei Koffie Winkel

Die Rietvlei Koffie Winkel is geleë in ‘n ou plaashuis in die Rietvlei Natuurreservaat naby Irene, in die suide van Pretoria. Die Reservaat beslaan 3800 hektaar grasvelde en heuwels, en huisves diere soos die Swart Wildebees, Leeus, Blesbokke, Elande, Zebras, Rooi Hartebeeste, Springbokke, Waterbokke, Buffels, Wit Renosters, Bosvarke, Jakkalse, Seekoeie, Jagluiperds, Volstruise en ‘n wye verskeidenheid voëllewe.

Besoek die Rietvlei Koffie Winkel vir smullekker koek en koffie of heerlike ontbyt en middagetes, en maak dit ‘n hele uitstappie met ‘n leeutoer of wildsrit in die reservaat.

Rietvlei Koffie Winkel bied aan:

  • Ontbyt & Middagetes.
  • Koffie & Koek.
  • Korporatiewe & Jaareindfunksies.
  • Verjaarsdag & Kinderpartytjies.
  • Oop – Dinsdae tot Sondae (vakansies elke dag).

Kontak Inligting:

Kontak Persoon – Melanie Dippenaar

Tel: 082 498 1775 / 082 500 4422

Adres:
Rietvlei Natuurreservaat
naby Irene
Pretoria